Everest base camp.

Hierdie is ‘n grote. Na ‘n week van stap deur dorpies met vreemde name, is die groep uiteindelik op pad Base Camp toe.  Volgens die beplanning gaan hulle vir ‘n paar dae hier bly. Everest South Base Camp is op ‘n hoogte van 5,364 meters oftewel 17,598 ft bo seespieël. Let’s recap: Die groep vlieg van Kathmandu na Lukla, en begin die tog boontoe na die … Continue reading Everest base camp.

Debuche, Panboche, Dingboche en so vinnige klim van 2,500 ft op en af.

Party van ons geniet ‘n naweek omdat dit beteken ons hoef niks te doen nie, behalwe die lys wat vroulief vir die getroude mans opgestel het.  Terwyl ander van ons Vrydag, tydens ‘n twee dag rusperiode, besluit het om na ‘n uitkykpunt toe te stap wat 300 m hoër is as die plek waar hulle slaap, net om Mount Everest te kan sien. Ongelukkig was die … Continue reading Debuche, Panboche, Dingboche en so vinnige klim van 2,500 ft op en af.

Lukla, die begin van die groot trek

Lukla is ‘n plek en nie ‘n pretensieuse Afrikaanse naam vir ‘n dogter nie. Lukla is ‘n dorpie in die Khumbu streek van die Solukhumbu distrik in die Sagarmatha sone van Noord-Oos Nepal. En ‘n meer akkurate beskrywing van ‘n plek wat meeste van ons nooit sal sien nie, sal jy nêrens anders kry nie.  Die dorpie is geleë op 2,860 meters (9,383 ft) bo seespieël … Continue reading Lukla, die begin van die groot trek