Kathmandu, die eerste stop

Party mense maak reg om Mount Everest te klim, terwyl die res van ons sukkel om uit die bed uit op te staan na die lang naweek…

Die klimmers het mekaar gister, 2 April 2018, in Kathmandu, die hoofstad van Nepal,  ontmoet.  Volgens Google is die vlug so 13 uur en 50 minute, dis nou as die kaptein nie halfpad stop vir ‘n koffie nie.  Nico het so twaalf uur geland en dit klink of hy dadelik aanklank gevind het by die ekspedisie leier.

IMG-20180403-WA0000
Ek is nie seker waarna ek kyk nie, maar dis iewers in Kathmandu.  (Foto verskaf deur Nico Oosthuizen)

Die man moes inderhaas ‘n sambreel gaan koop want dit reën blykbaar katte en honde in die stad en ‘n stadstoer in die nat weer klink nie noodwendig baie lekker nie.  Ek het ‘n baie sterk vermoede dat reën nie vir baie lank die grootste struikelblok of klagte gaan wees nie en as ek na die foto kyk is die nat weer ook alreeds iets van die verlede.  Volgens die weerberig is dit vandag 26°C in die stad, so hulle kry darem nog nie koud nie.

IMG-20180405-WA0023

Die klimmers het vandag bevestiging gekry dat hulle more oggend 6 uur, Kathmandu tyd, sal vlieg na Lukla, vanwaar die groot trek na die piek van die hoogste berg op aarde sal begin.

Eish pappie…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s