Lukla, die begin van die groot trek

Lukla is ‘n plek en nie ‘n pretensieuse Afrikaanse naam vir ‘n dogter nie.

Lukla is ‘n dorpie in die Khumbu streek van die Solukhumbu distrik in die Sagarmatha sone van Noord-Oos Nepal. En ‘n meer akkurate beskrywing van ‘n plek wat meeste van ons nooit sal sien nie, sal jy nêrens anders kry nie.  Die dorpie is geleë op 2,860 meters (9,383 ft) bo seespieël en die begin punt vir die tog teen die berg op. (Ons dorpie Newcastle is 1,194 m (3,917 ft) bo seespieël, terwyl die hoogste berg in Suid-Afrika (Mafadi) 3,450 meters (11,320 ft) bo seespieël is.)  Sien, ‘n mens is nooit te oud om te leer nie.

Lukla beteken “plek van baie bokke en skape”, alhoewel daar deesdae nie meer baie van die diere oor is nie.  Ek vermoed daar is meer klimmers en sherpas as enige iets anders.  Die dorpie beskik wel oor ‘n baie interessante “runway”.

IMG-20180405-WA0006

Lukla is ‘n halfuur se vlug van Kathmandu af, met ongeveer 16 vlugte per dag, as die weer dit toelaat.  Google sê dat geen vlug kan vertrek alvorens daar nie eers ‘n toetsvlug van Kathmandu na Lukla en terug gedoen is nie.  Veiligheid is belangrik.

20180404_174038
Foto gepubliseer deur http://www.madisonmountaineering.com

Vandaar begin die groep klim.  Of stap.  Of ry.  Of iets.  Punt is, hulle begin beweeg want die volgende stop is Phakding, waar hulle vanaand sal oornag.

Onthou om die ekspedisieleier se blog te volg by www.madisonmountaineering.com

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s