Namche en ons eerste gesprek met Nico

Namche Bazaar is die “gateway” na die Himalays en die grootste handeslsentrum vir die Khumbu streek.  En die groep moes meer as ‘n 1000 m klim om hier uit te kom.  Hulle is nou amptelik hoër as die hoogste punt in Suid-Afrika en gaan vir ‘n dag of twee hier rus.  Hulle is nou vier ure voor Suid-Afrika.

IMG-20180405-WA0038
Effens hoër as a bunker bed.

Hulle gaan môre stap na ‘n uitkykpunt waar hulle die eerste keer Everest sal kan sien.  Dis blykbaar so 300 m as waar hy nou is.  Hulle het ook goeie nuus ontvang in dat die wind vir die eerste keer gaan lê het op die piek.  Nico vind groot aanklank by die ekspedisie leier omdat hy baie georganiseerd is en deeglike beplanning doen.  Die groep word deeglik ingelig oor wat hulle die volgende dag kan verwag.

IMG-20180405-WA0031
Nico en die gentleman.

Hy is in ‘n groep met 5 ander Amerikaners.  Ek dink dis ‘n uitdaging op sigself en dink dis wyser om nie verder oor hierdie feit uit te brei nie. Hy sê die infrastruktuur en geboue in en om Kathmandu is verbasend vinnig herstel is na die aardbewing in 2015.

Nico het laat weet dat hy sy persoonlike sherpa more sal ontmoet en hy sê hy praat maar min, seker maar omdat die Amerikaners al die woorde opgebruik.

Dis koud en tough en die kos is walglik en hy voel die stap aan sy lyf vanaand.

IMG-20180405-WA0001
Ja, dis eiers en toast.

Hy eet meer as laas keer en hy klink baie positief en reg vir die ding.  Hy is ook meer versigtig en belowe dat hy mooi na homself kyk.  En die belangrikste van alles, hy het nog nie sy sin vir humor verloor nie, ten spyte van die feit dat hy ‘n I-phone gebruik.

Dankie vir die oproep Nico.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s