Debuche, Panboche, Dingboche en so vinnige klim van 2,500 ft op en af.

Party van ons geniet ‘n naweek omdat dit beteken ons hoef niks te doen nie, behalwe die lys wat vroulief vir die getroude mans opgestel het.  Terwyl ander van ons Vrydag, tydens ‘n twee dag rusperiode, besluit het om na ‘n uitkykpunt toe te stap wat 300 m hoër is as die plek waar hulle slaap, net om Mount Everest te kan sien.

IMG-20180406-WA0005

Ongelukkig was die uitsig nie briljant nie maar die groep kon darem ‘n idee kry.

IMG-20180406-WA0007
Mount Everest, vir die wat gewonder het.

 

Gelukkig kon hulle ‘n Russiese helikopter sien wat voorrade op- en aflaai.  Nico klink baie goed en lyk sommer lus vir die ding as mens na die foto’s kyk.

IMG-20180406-WA0006

Gister, 08 April 2018, het die groep getrek na Debuche waar hulle vandag so vinnige 2,500 ft op en af geklim het.  Hulle is na die plaaslike Buda tempel sodat hulle ekspidiese geseën kan word.  As bewys van die inseëning het elkeen ‘n serp gerky, wat Nico natuurlik nie dra nie.  Die serpie word met geld gevul en dan aan ‘n persoon oorhandig wat dan die serpie oopmaak en per ongeluk die geld laat uitval, sonder om dit weer terug te gee…

Dit gaan goed met hom en hy sê die vorige ervarings help hom baie.  Hy is op ‘n goeie plek, en daarmee bedoel ek sy ”state of mind”, en nie noodwendig Dingboche nie.  Soos hulle sê, no rest for the weary, en nee, ek het nie die name van die plekke opgemaak nie.

IMG-20180409-WA0003

Onthou om Madison Mountaineering se blog ook te volg.

Advertisements

One thought on “Debuche, Panboche, Dingboche en so vinnige klim van 2,500 ft op en af.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s