Die wêreld is kleiner as wat ons dink.

Nico hulle is op Base Camp, maar dis glad nie ‘n vakansie nie.  Behalwe vir die koue, primitiewe geriewe en meer mense as wat ons verwag, is hulle ook nog besig met allerhande voorbereiding vir die klim wat later sal volg.  Gister het hulle oefeninge gedoen oor wat om te doen in die geval van ‘n rots- of ys storting, of soos hy dit noem, as die klippe val.  Ek neem aan jy moet net sorg dat jy uit die pad uit kom?

IMG-20180413-WA0006
Dit lyk kouer as hier in Newcastle.

Hy sê dit gaan beter nou, aangesien hy oor die naweek ‘n maagvirus opegetel het.  Gelukkig is hy oor dit en voel weer baie goed, maar dit blyk ‘n mens moet maar baie versigtig wees omdat die omgewing en geriewe nou nie juis ontwerp is om mense vir ‘n lang tyd te huisves nie.  Voor iemand bekommerd raak, almal kry die een of ander tyd ‘n maagkwaal.  Dis soos Delhi-belly, but at a higher altitude.

IMG-20180416-WA0002
Ek bied aan: Nico, die seerower.

Die plan is om 20 April 2018 met die eerste tog na Kamp 1 te begin en Nico besluit nog wat hy gaan saam vat om daar te los wanneer hulle weer ‘n dag later afkom.  Die op- en afklim gaan so paar keer gebeur voor hulle gaan summit.

Hy het ook laat weet die groep is nou vir die laaste keer gebles deur een of ander lama.  Ek neem aan hulle verwys na ‘n Budhistiese priester en nie die dier nie.

IMG-20180416-WA0012

Dit sneeu elke dag en die enigste verskil is of dit laatmiddag of in die aand begin sneeu.  Dis nou -5°C daar waar hy is, so ek wil geen Suid-Afrikaner hoor kla oor die koue aande wat ons nou begin kry nie.  Hy beweer ook dat die sherpas van Base Camp nie normale mense nie.  As gewone mense opstaan met moeite en stywe ledemate, moontlik omdat die kwik sak tot so -20°C deur die nag, dan stap die sherpas rond asof dit somer is op Hartenbos.

En so gepraat van Afrikaans, Nico het oppad boontoe die pragtige klanke van Afrikaans gehoor in ‘n groep wat daar rond toer en toe maak hy vriende.  Dit was sy eerste persoonlike gesprek in Afrikaans in ongeveer dertien dae. Dertien dae is baie lank as jy nie die taal van jou hart kan gebruik nie.  Kyk hoe gelukkig lyk hy op die foto.

IMG-20180412-WA0007
Vlnr Dezi, Naas, Cindy, Nico, Riaan, Roan, Lydia en Bianca

On his way up he also met two South Africans, Darren and Kevin, who were making their way to Base camp, albeit in a different group.

IMG-20180413-WA0004
Darren, Nico and a slightly sunburnt Kevin

Hy klink nog baie positief en beaam dat sy vorige ervaring waardevolle lesse vir hom geleer het wat hom nou ongelooflik baie help.

PS – Gaan kyk so bietjie, ek het ‘n hele paar nuwe fotos gelaai.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s