DIE BERG, Mt Everest

 

Mount Everest3
Image courtesy of world-visits.blogspot.com

Berg Everest is ‘n berg in die Himalajabergte wat op die grens tussen Nepal en Tibet geleë is. Met sy hoogte van 8 848 meter is dit die hoogste berg op land. Die berg is genoem na die Briste geoloog Sir George Everest.

Everest se kruin kan deur twee hoofroetes bereik word – een teen die noordelike hang van die berg, en die ander teen die suidelike hang.

Klimmers moet deur ‘n lang akklimatiseringsproses gaan, wat behels om stelselmatig hoër teen die berg uit te klim, dan weer af tot ‘n laer gedeelte, om hulle liggame tyd te gee om aan te pas.

Die finale aanpassingsproses begin nadat klimmers een van die twee basiskampe bereik het (afhangende van watter roete hulle na die piek wil volg). Die basiskampe lê albei op ‘n hoogte van net oor die 5000 m, met die noordelike basiskamp in Tibet en die suidelike basiskamp in Nepal. Hierdie akklimatiseringsproses kan 4 tot 6 weke duur voordat ‘n klimmer gereed is om die kruin aan te durf.

Naby die berg se kruin raak die lug te dun vir die menslike liggaam om behoorlik te funksioneer, met slegs ongeveer 30% van die suurstofinhoud wat jy op seevlak sou hê. Die meerderheid bergklimmers kan nie die kruin sonder ekstra suurstof, wat in silinders op hulle rûe gedra word, bereik nie.

Die onvoorspelbare weersomstandighede hoog teen die berg veroorsaak dikwels probleme, en die tydsberekening van ‘n aanslag op die kruin het ‘n groot invloed op die sukses daarvan. (Bron: Wikipedia)

Advertisements