Die wêreld is kleiner as wat ons dink.

Nico hulle is op Base Camp, maar dis glad nie ‘n vakansie nie.  Behalwe vir die koue, primitiewe geriewe en meer mense as wat ons verwag, is hulle ook nog besig met allerhande voorbereiding vir die klim wat later sal volg.  Gister het hulle oefeninge gedoen oor wat om te doen in die geval van ‘n rots- of ys storting, of soos hy dit noem, … Continue reading Die wêreld is kleiner as wat ons dink.

Debuche, Panboche, Dingboche en so vinnige klim van 2,500 ft op en af.

Party van ons geniet ‘n naweek omdat dit beteken ons hoef niks te doen nie, behalwe die lys wat vroulief vir die getroude mans opgestel het.  Terwyl ander van ons Vrydag, tydens ‘n twee dag rusperiode, besluit het om na ‘n uitkykpunt toe te stap wat 300 m hoër is as die plek waar hulle slaap, net om Mount Everest te kan sien. Ongelukkig was die … Continue reading Debuche, Panboche, Dingboche en so vinnige klim van 2,500 ft op en af.

Namche en ons eerste gesprek met Nico

Namche Bazaar is die “gateway” na die Himalays en die grootste handeslsentrum vir die Khumbu streek.  En die groep moes meer as ‘n 1000 m klim om hier uit te kom.  Hulle is nou amptelik hoër as die hoogste punt in Suid-Afrika en gaan vir ‘n dag of twee hier rus.  Hulle is nou vier ure voor Suid-Afrika. Hulle gaan môre stap na ‘n uitkykpunt … Continue reading Namche en ons eerste gesprek met Nico

Lukla, die begin van die groot trek

Lukla is ‘n plek en nie ‘n pretensieuse Afrikaanse naam vir ‘n dogter nie. Lukla is ‘n dorpie in die Khumbu streek van die Solukhumbu distrik in die Sagarmatha sone van Noord-Oos Nepal. En ‘n meer akkurate beskrywing van ‘n plek wat meeste van ons nooit sal sien nie, sal jy nêrens anders kry nie.  Die dorpie is geleë op 2,860 meters (9,383 ft) bo seespieël … Continue reading Lukla, die begin van die groot trek